Bejaarde tydens huisroof aangerand en toegesluit

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (83) is Vrydagmiddag in Westham, Phoenix, deur twee gewapende verdagtes tydens ‘n huisroof vasgebind en aangerand.

KZN VIP Protection Services sê daar is op ‘n alarm wat deur die beseerde en getraumatiseerde vrou geaktiveer is, reageer. Die vrou is vir beserings op die toneel behandel. Die verdagtes het haar na bewering geslaan terwyl hulle waardevolle items geëis het. Volgens die slagoffer het sy geluide uit die sitkamer gehoor. Sy is deur twee mans in swart klere gekonfronteer, vasgebind en in ‘n vertrek toegesluit. Die verdagtes het hierna die huis geplunder en met ‘n onbekende aantal waardevolle items gevlug.

“Die SAPD en alle ander noodsaaklike dienste was teenwoordig.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief