Bejaarde vrou aangeval en beroof

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou (84) is Maandagmiddag in Trenance Park deur ‘n verdagte met ‘n panga aangeval en beroof.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hulp is van inwoners in die gebied ontbied. Die vrou het reaksiebeamptes ingelig die man het met ‘n panga die huis binnegekom. Alhoewel sy die deur probeer toemaak het, is sy oorval en grond toe gedwing. Die bejaarde het geringe beserings opgedoen en haar televisie is tydens die insident gesteel.

Die bejaarde vrou se 80-jarige suster het tydens die insident in ‘n kamer geslaap.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief