Bejaarde vrou erg tydens ‘huisroof’ aangerand

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, in haar 70’s, het vandagoggend (Maandag), ernstige beserings tydens ‘n beweerde huisroof by haar huis in Evansstraat, Glenwood, Durban, opgedoen.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het omstreeks 10:30 op ‘n klag van ‘n beweerde roof by die adres reageer. Met aankoms op die toneel was veiligheidspersoneel teenwoordig en is paramedici na die beseerde bejaarde geneem. Gevorderde lewensondersteunende paramedici het die bejaarde gestabiliseer en vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Umbilo-polisie ondersoek die insident.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief