Bejaarde vrou op borgtog nadat tiener sterf

Lees ook :

Foto: Thabang Matobako

GAUTENG. – Martha Christina (67), wat aangekla is van strafbare manslag en versuim om by ‘n ongelukstoneel stil te hou, is deur die Germiston-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat. Thando Pretty Mahlangu (13) is op 28 Junie in Dinwiddie, Germiston, deur ‘n voertuig getref en het later aan haar beserings gesterf.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigde het na bewering met haar voertuig in ‘n skare mense ingery. Onder die groep was jong meisies wat aan ‘n tradisionele inwydingsritueel deelgeneem het. Christina het na bewering nie nie by die toneel stilgehou nie en onmiddellik ná die botsing weggejaag.

As deel van haar borgvoorwaardes mag Christina nie die Gauteng-provinsie verlaat sonder om die ondersoekbeampte in die saak in kennis te stel nie. Die saak is vir verdere ondersoek tot 20 Augustus uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief