Bejaarde vrou op plaas vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. -Valerie Enzer (79) se liggaam is gisteroggend (Maandag) omstreeks 09:00 op die stoep van haar huis op ‘n plaas, buite Van Wyksdorp, gekry. ‘n Tienerseun (17) is vir haar moord in hegtenis geneem.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die Ladismith-polisie het ‘n moorddossier geopen, waarna polisiespeurwerk tot die inhegtenisneming gelei het. Die verdagte bly in aanhouding by die polisiekantoor en sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn. Die omstandighede aangaande haar dood vorm deel van ’n voortdurende ondersoek.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Enzer se dood te bepaal.

Volgens Oudtshoorn Courant het Enzer alleen gewoon en haar liggaam is deur ‘n werker ontdek. Sy is glo ook verkrag.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief