Bejaarde vrou tuis vermoor

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou (77) van Grovepark, in Phoenix, is Maandag vermoor aangetref.

KZN VIP Protection Services sê die slagoffer is vermoedelik verwurg.

Volgens inwoners en gemeenskapslede op die toneel was die tuinier glo die laaste persoon wat gesien is die huis verlaat.

Die motief is onbekend. Alle rolspelers was op die toneel teenwoordig.

Lt.kol. Nqobile Gwala sê Phoenix-polisie ondersoek die moord nadat die bejaarde vrou verwurg is. Die oorledene is in die badkamer gevind waar sy op die vloer met ‘n wit serp om haar nek gelê het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief