Bejaardes op plaas aangeval, vrou vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Vrou wat alleen tuis was, is Dinsdag op ‘n plaas buite Swartruggens vermoor. Haar man (70) is deur verdagtes ontvoer, maar kon daarin slaag om te ontsnap.

Lt.kol. Amanda Funani sê die voorlopige verslag dui aan vier verdagtes het die hoofhuis betree en die vrou vermoor. Met die aankoms van haar man op die plaas is hy oorval en na die hoofhuis geneem. Die huis is geplunder en huishoudelike items is op twee bakkies gelaai. Die man is in een van die bakkies gedwing en mee weggery.

Huishoudelike items is volgens Funani na ‘n vroulike verdagte (34) se schack in ‘n informele nedersetting buite Swartruggens geneem. Die man het daarin geslaag om uit die bewegende voertuig te spring. Hy het gevlug en hulp van nabygeleë boere gevra. Die polisie is van die voorval verwittig.

Die verdagte vrou is in die vroeë oggendure van Woensdag in hegtenis geneem, nadat van die vermoedelik gesteelde items in haar besit gevind is. Sy sal Vrydag in die Swartruggens-landdroshof verskyn.

Die polisie is op soek na nog vier verdagtes.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief