VRYSTAAT. – Die departement van landbou het bevestig bek-en-klouseer is op 10 Julie op ‘n kommersiële plaas in die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit, in die Kroonstad-staatsveeartsenygebied, aangemeld.
Volgens die departement is die betrokke eiendom reeds op 8 Julie 2025 onder kwarantyn geplaas, waarna onmiddellike beheermaatreëls, insluitend monitering en inenting, ingestel is. Nasporing om die bron van die infeksie vas te stel, is aan die gang, terwyl plase binne ’n 10 km-radius van die aangetaste gebied onder toesig geplaas is om die moontlike omvang van die verspreiding te bepaal.
Landswyd is daar teen Julie reeds 270 uitbrekings oor vyf provinsies aangemeld. Van hierdie uitbrekings is 249 steeds onopgelos, terwyl 21 reeds afgehandel is.
Lees die volledige verklaring hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com





