Bek-en-klouseer slaan op drie plase in die Oos-Kaap toe

Lees ook :

Bek-en-klouseer slaan op drie plase in die Oos-Kaap toe
Bek-en-klouseer slaan op drie plase in die Oos-Kaap toe fotokrediet: Canva

Lees ook: Dosyne flaminke dood toe vliegtuig hulle tref

HUMANSDORP, OOS-KAAP. – Die departement van landbou het bevestig daar is gevalle van bek-en-klouseer op drie plase in Humansdorp in die Oos-Kaap.

Die departement se woordvoerder het gesê tekens van die siekte is verlede maand op die eerste plaas opgemerk en monsters is op 30 April geneem.

Veeartse het die diere ingeënt en die plaas en hulle bure s’n onder kwarantyn geplaas. Nog twee plase het gevalle van bek-en-klou gehad as gevolg van kontak met die eerste plaas.

Al drie plase en die omliggende plase asook gebiede waar die diere kon wees, is onder kwarantyn geplaas.

Bronne: IOL, The Citizen, George Herald

Lees ook: Dosyne flaminke dood toe vliegtuig hulle tref

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief