KZN. – Vier volwassenes in KwaZulu-Natal is positief getoets vir hand-voet-en-mondsiekte.
Lees ook: Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds
Die kindergevalle in die provinsie het tot sowat 420 gestyg. Meeste van die gevalle kom in laerskole en dagsorgsentrums voor.
Ook in Oos-Londen is minstens 10 bevestigde gevalle van die siekte.
Ouers word herinner om goeie higiëne toe te pas en weer soos in Covid alles skoon te maak wat deur hulle kinders aangeraak word.
Simptome verskyn tussen drie en sewe dae ná kontak en sluit in ’n koors, seer keel, moegheid en blase in die mond en op die palms van hande en onder voete.
Bronne: IOL, The Citizen, Witness