Brekende Nuus
Afrikaans

Vier volwassenes toets positief vir hand-voet-en-mondsiekte in KZN

Vier volwassenes toets positief vir hand-voet-en-mondsiekte in KZN

fotokrediet: Canva
Vier volwassenes toets positief vir hand-voet-en-mondsiekte in KZN fotokrediet: Canva

KZN. – Vier volwassenes in KwaZulu-Natal is positief getoets vir hand-voet-en-mondsiekte.

Lees ook: Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds

Die kindergevalle in die provinsie het tot sowat 420 gestyg. Meeste van die gevalle kom in laerskole en dagsorgsentrums voor.

Ook in Oos-Londen is minstens 10 bevestigde gevalle van die siekte.

Ouers word herinner om goeie higiëne toe te pas en weer soos in Covid alles skoon te maak wat deur hulle kinders aangeraak word.

Simptome verskyn tussen drie en sewe dae ná kontak en sluit in ’n koors, seer keel, moegheid en blase in die mond en op die palms van hande en onder voete.

Bronne: IOL, The Citizen, Witness

Lees ook: Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds