Bekende akteur, Jonathan Joss, doodgeskiet

Lees ook :

Bekende akteur doodgeskiet fotokrediet: X

TEXAS, VSA. – Die bekende akteur, Jonathan Joss (59), is Sondagaand buite sy en sy man se ou woning in San Antonio, Texas, doodgeskiet.

Lees ook: Drie mense in Khayalitsha doodgeskiet

Joss, bekend vir sy stemwerk in King of the Hill en sy rol in Parks en Recreation, is buite sy ou woning in Texas doodgeskiet, glo ná ’n voorval met een van sy voormalige bure. Volgens ’n woordvoerder van die San Antonio polisie is ’n skietery by hulle aangemeld . Joss is naby die pad met verskeie skietwonde gevind en is op die toneel dood verklaar. ’n Verdagte, Sigfredo Alvarez-Cega (56), is vir die moord in hegtenis geneem.

Joss se lewensmaat, Tristan Kern de Gonzales, het op sosiale media gesê die paartjie was by hul ou huis wat vroeër die jaar afgebrand is ná dreigemente van mense in die gebied wat nie hul verhouding aanvaar het nie.

Hy het beweer hy en sy maat het die skedel van een van hul honde gesien het en dat hulle gegil en gehuil het. De Gonzales het gesê die verdagte het hulle genader en homofobiese aanmerkings op hulle begin skree en daarna op hulle geskiet.

Die polisie het op sosiale media in ’n plasing gesê daar is geen bewyse dat Joss se dood aan sy seksuele oriëntasie verwant is nie.

Bronne: BBC, CNN, Daily Voice

Lees ook: Drie mense in Khayalitsha doodgeskiet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief