Brekende Nuus
Afrikaans

Bekende aktrise Diane Ladd (89) oorlede

Bekende aktrise Diane Ladd (89) oorlede

fotokrediet: X
Bekende aktrise Diane Ladd (89) oorlede fotokrediet: X

KALIFORNIЁ, VSA. – Die bekende aktrise Diane Ladd (89), wat te sien was in oor die 200 rolle in film en televisie, is gister in Kalifornië oorlede. Sy sou die einde van die maand 90 geword het.

Lees ook: Andy se pa van ‘The Breakfast Club’ oorlede

Ladd, wat drie keer vir ‘n Oscar genomineer is vir haar spel in Alice Doesn’t Live Here Anymore, Wild at Heart en Rambling Rose, is oorlede in haar huis in Kalifornië met haar dogter, Laura Dern, aan haar sy.

Laura Dern, ook ‘n bekende aktrise, het haar ma se dood bevestig, maar nie die oorsaak bekend gemaak nie.

Bronne: BBC, Rolling Stone, CNN

Lees ook: Andy se pa van ‘The Breakfast Club’ oorlede