Bekende aktrise Diane Ladd (89) oorlede

Lees ook :

Bekende aktrise Diane Ladd (89) oorlede fotokrediet: X

KALIFORNIЁ, VSA. – Die bekende aktrise Diane Ladd (89), wat te sien was in oor die 200 rolle in film en televisie, is gister in Kalifornië oorlede. Sy sou die einde van die maand 90 geword het.

Lees ook: Andy se pa van ‘The Breakfast Club’ oorlede

Ladd, wat drie keer vir ‘n Oscar genomineer is vir haar spel in Alice Doesn’t Live Here Anymore, Wild at Heart en Rambling Rose, is oorlede in haar huis in Kalifornië met haar dogter, Laura Dern, aan haar sy.

Laura Dern, ook ‘n bekende aktrise, het haar ma se dood bevestig, maar nie die oorsaak bekend gemaak nie.

Bronne: BBC, Rolling Stone, CNN

Lees ook: Andy se pa van ‘The Breakfast Club’ oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief