Brekende Nuus
Afrikaans

Bekendes en honde woon voorskou van PAW Patrol-fliek by

Bekendes en hul honde het voorverlede naweek die voorskou vir PAW Patrol se nuwe fliek by Irene Village Mall bygewoon.

PAW Patrol voorskou
Foto's: Irene Village Mall, Willem Botha en Irene-Louise van Wyk

GAUTENG. – Irene Villgae Mall het verlede naweek reeds verskeie bekendes, hul kinders en hondekinders na ‘n voorskou van PAW Patrol se splinternuwe fliek, The Mighty Movie, wat eers op 6 Oktober in fliekteaters begin draai het, genooi.

Willem Botha en Seven was uitgenooi. Botha sê omdat sy uitgenooi was, moes hy saam om ‘n oog oor sy meisiekind te hou.

Irene-Louise van Wyk en haar dogter Kelsey was ook genooi en sê haar kleinding is ‘n groot aanhanger van PAW Patrol.

Foto’s van bekendes is gedeel. ‘n Program vir die dag, wat ‘n hondevertoning en inkleur ingesluit het, het almal besig gehou

Bronne: Irene Village Mall, Willem Botha en Irene-Louise van Wyk