Bela-aanpassings laat Afrikaans in skole steeds in gedrang

Lees ook :

Bela-aanpassings laat Afrikaans in skole steeds in gedrang. Foto ter illustrasie: Canva

Die Wysingingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) kan steeds daartoe lei dat Afrikaanse skole deur provinsiale onderwysdepartementshoofde tot meertalige skole verklaar word, selfs al het so ’n skool se beheerliggaam self ’n taalbeleid geskryf.

Johnell Prinsloo, onderwysnavorser aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê die jongste aanpassings bring nie juis verligting nie. “Selfs al lui die jongste aanpassings dat beheerliggame die skool se taal- en toelatingsbeleide self mag opstel, trek ’n ander bepaling ’n streep daardeur.”

Volgens Solidariteit beteken die nuutste aanpassings dat ingevolge Bela die departementshoof, waar dit volgens hom of haar as prakties en uitvoerbaar beskou word, ’n openbare skool kan beveel om meer as een onderrigtaal te aanvaar.

“Wat beteken die selfstandige opstel van beleid dan hoegenaamd as ’n regeringsamptenaar dit na eie goeddunke kan verander of ongedaan maak?” vra Prinsloo.

Solidariteit bly daarom ten sterkte gekant teen die wysiging van artikels 5 en 6 in die Bela-wysigingswetsontwerp wat oor die skole se taal- en toelatingsbeleid handel.

“Alhoewel die gekose komitee van die NRP die wysigingswetsontwerp nou finaal verwerk het en die NRP eersdaags daaroor sal stem, gaan die geveg teen Bela nou maar eers begin,” sê Solidariteit.

Bron: Solidariteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief