Belgiese sekswerkers deur arbeidswetgewing beskerm

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

INTERNASIONAAL. – België is die eerste land ter wêreld wat ‘n wet geskep het wat verskeie arbeidsvoordele vir sekswerkers insluit. Die wet beskerm sekswerkers soos enige ander werknemers.

Die voordele sluit onder meer werknemerkontrakte, gesondheidsversekering, pensioenvoordele, kraamverlof en siekverlof in. Werkruimtes moet met alarmknoppies en stortgeriewe toegerus wees. Sekswerkers kan sessies weier of op enige gegewe tyd stop.

Die wet sal keer dat sekswerkers mishandel en uitgebuit word. Die werkers het nou wetlike regte en kan nie afgedank word omdat hulle hulle regte uitoefen nie.

Terwyl die wet wat Sondag in werking getree het, deur sekere feministiese groepe gekritiseer is, het die Belgiese Unie vir Sekswerkers die wet as ‘n groot stap beskou om diskriminasie teen sekswerkers te beëindig. Die Council of Francophone Women of Belgium het die wet as katastrofies vir jong meisies en slagoffers van mensehandel in die geveg teen seksistiese geweld beskryf.

Bronne: The Guardian, CBC, BBC en New York Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief