Bella het operasie nodig nadat muur meegee

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Verskeie nooddienste het Dinsdag in die Pinetown-gebied saamgewerk om twee honde te red wat vasgekeer was nadat ‘n muur op hulle hok ingestort het.

S.T.A.R.T. Rescue sê die diens, Marshall Security, Red Line Response en Ethekwini se brand-en-nooddienste was vinnig op die toneel om die honde te help. Albei is gelukkig bevry, maar een van die honde, Bella, is ernstig beseer. Red Line Response het dadelik die Westville-dierehospitaal gebel en S.T.A.R.T. Rescue het gehelp om Bella vinnig na die veearts te neem.

Bella het nou ‘n dringende operasie nodig en ‘n beroep is op die gemeenskap gedoen om haar te help. Geld word vir haar mediese versorging ingesamel. Vir meer inligting of om geld te skenk, besoek S.T.A.R.T. Rescue se sosialemediaplatforms of kontak hulle direk.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief