Beloning uitgeloof nadat tiener reeds maande vermis is

Lees ook :

Foto in berig

NOORD-KAAP. – Dawid Winterboer (14) is sedert 7 Februarie 2025 in Nababeep vermis en word sedertdien onverpoosd deur speurders van Springbok-GKS, asook Springbok- en Nababeep-polisiebeamptes gesoek. ‘n Beloning van R75 000 is deur die polisie vir sy opsporing uitgeloof.

Foto: SAPD

Kol. Cherelle Ehlers sê die tiener is op die betrokke oggend omstreeks 10:50 laas deur sy ma tuis gesien, voordat sy werk toe is. Hy sou ‘n sportfunksie in Concordia bywoon. Hy was in ‘n swart kortbroek, ‘n swart T-hemp en vlootblou sandale geklee.

Enigiemand met relevante inligting om die tiener op te spoor, kan kapt. Shynoma Love by 082 874 4532 of 027 712 8104 bel. Die beloning word aan enigiemand gebied wat met relevante inligting kan help wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle skuldigbevinding van die verdagte(s) sal lei.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief