Beloning vir moordverdagtes uitgeloof

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – ‘n Kontantbeloning is uitgeloof vir die opspoor van Siyabonga Kholakele (29) en Yanele Mangweni (32), wat op aanklag van moord op ‘n vrou (64) in Kraaifontein gesoek word.

Lt.-kol. Malcolm Pojie het bevestig die ministerie van polisie het ‘n kontantbeloning van tot R100 000 aangekondig vir inligting wat tot hul arrestasie en suksesvolle skuldigbevinding sal lei.

Pojie sê die slagoffer is op Dinsdag 20 Augustus omstreeks 19:30 op die hoek van Maroela- en Ntongbinistraat in Wallacedene doodgeskiet.

“Voorlopige inligting wat bekom is, het aan die lig gebring die verdagtes het die slagoffer genader onder die voorwendsel om vleis by haar te koop. Hulle het die slagoffer na bewering tot in haar shack gevolg waar sy in die kop geskiet is.”

Die verdagtes het sedertdien arrestasie ontduik. Die polisie versoek dat enigiemand met enige inligting wat tot hul opsporing kan lei, dringend na vore kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief