STRAAT VAN HORMUZ. – Die bemanning van ’n olietenkskip is gister gered ná twee olietenkskepe gebots het en ‘n brand op een ontstaan het.
Lees ook: Dodetal styg tot 150 ná aanval in Nigerië
Die 24 bemanningslede is deur die nasionale wag van die Verenigde Arabiese Emirate gered nadat die Adalynn met ’n Front Eagle-olietenkskip gebots en aan die brand geraak het. Die Adalynn was op pad na die Suez-kanaal in Egipte toe die botsing plaasgevind het.
Volgens die maatskappy wat die Front Eagle-skip besit, het die botsing niks te doen met die konflik tussen Israel en Iran nie. Dit het gesê dit is besig om die situasie dop te hou en “werk ten volle saam met die relevante owerhede”.
Bronne: DW – South Africa, ABC News, Gulf News





