Dodetal styg tot 150 ná aanval in Nigerië

Lees ook :

Dodetal styg tot 150 ná aanval in Nigerië fotokrediet: Canva

NIGERIЁ. – Volgens oorlewendes het die dodetal ná ’n aanval in noord-sentrale Nigerië oor die naweek tot 150 gestyg. Die oorlewendes is besig om deur afgebrande huise te soek na liggame van oorledenes en mense wat vermis is.

Lees ook: Air India-vlug vandag gekanselleer

Dit volg ná ’n groep gewapendes die Yelewata-gemeenskap Vrydagaand binnegedring het, op mense begin skiet het en hulle huise aan die brand gesteek het. Baie van die oorledenes het in ‘n mark geskuil waarheen hulle uit ander dele van die land van gewelddadige aanvalle gevlug het.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Skermutselings tussen boere en veeherders is egter algemeen in dié deel van die land oor beperkte toegang tot grond en water. Die president  van Nigerië, Bola Tinubu, gaan vandag die gebied besoek om sy medelye te betoon.

Bronne: ABC News, SABC, AfricaNews

Lees ook: Air India-vlug vandag gekanselleer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief