OOS-KAAP. – Keziah Kleinbooi (23) en nog ‘n meisie (16) is Saterdagaand omstreeks 21:00 in Pelikaanstraat, Rosedale, Kamesh geskiet, waarna Kleinbooi gesterf het.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die vrou en meisie met verskeie skietwonde is gevind waar hulle in die straat gelê het. Kleinbooi is op die toneel dood verklaar. Die meisie is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.
Volgens die polisie is die motief vir die voorval onbekend, maar vermoedelik bende-verwant.
Die moord en poging tot moord word deur die teen-bende-eenheid ondersoek.
Enigiemand met inligting word versoek om speur.AO Neville Gouws by 082 387 5904 te bel.





