Vergeet jy ook altyd jou herwinbare winkelsakke wanneer jy inkopies gaan doen? Die sangeres, Bernice West, raai haar aanhangers aan om hulle sakke te onthou.
Sy het ’n snaakse video op haar sosialemediabladsye geplaas waarin sy ou Woolworths-sakke as klere gebruik. “As jy my soek … ek staan buite Woolies en deel sakkies uit,” het sy geskerts.
In die video het sy selfs een van die “duisende” sakke as ’n hoed op haar kop.
@bernicewest_ As jy my soek… ek staan buite woolies en deel sakkies uit 🙄🥲 Ek’s seker daarvan eks nie die enigste een wat altyd by die til aankom en my sakkies vergeet het nie?! #sendhelp #woolworths
♬ original sound – Bernice West
Bronne: TikTok, Facebook





