Berugte R31 eis vyf lewens

Lees ook :

Berugte R31 eis vyf lewens. Foto ter illustrasie: Canva

DANIËLSKUIL, NOORD-KAAP. – Vyf mense is Maandagaand dood toe die motor waarin hulle was met ’n vragmotor op die R31 tussen Koopmansfontein en Daniëlskuil gebots het. Die pad is bekend vir talle ongelukke die afgelope paar jaar.

Volgens die SAPD het die ongeluk omstreeks 16:45 gebeur toe ’n silwer VW Polo en ’n vragmotor reg van voor teen mekaar gebots het. Die Polo het in ’n sloot langs die pad afgerol.

Al vyf manlike insittendes van die Polo is noodlottig beseer, maar die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

Lt.kol. Sergio Kok sê die pad is eers om 21:30 Maandagaand weer vir padgebruikers oopgemaak. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Bronne: SAPD, Kalahari Memorandum Digital

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief