Beseerde tienermeisie sterf onderweg hospitaal toe na beweerde verkragting

Lees ook :

Foto: Mandla Chris

KWAZULU-NATAL. – Thobeka Nosiphiwo Hadebe (17) is glo op 26 Februarie by haar huis in Bekulwandle in Amanzimtoti verkrag en steekwonde toegedien.

Volgens Women For Change het haar ouers na bewering het haar ouers tuisgekom en ‘n onbekende man met ‘n rugsak van die huis af sien hardloop. Binne-in die huis het hulle hulle dogter naak en met steekwonde gevind.

Die pa het glo met sy dogter hospitaal toe gehaas. Onderweg het ‘n band van die voeruig gebars en die meisie het as gevolg van haar wonde gesterf.

Konst. Thenjiswa Ngcobo sê Amanzimtoti-polisie ondersoek ‘n moordsaak nadat die liggaam van ‘n tienermeisie (17) op 26 Februarie op die hoek van Kingsweg en Ocean Viewstraat in ‘n kombers in ‘n voertuig gevind is. Die liggaam van die tiener het verskeie steekwonde gehad.

Ngcobo sê twee manspersone in die voertuig het gesê hulle jaag met die oorledene hospitaal toe.

‘n Man (33) wat op dieselfde dag in die Bhekulwandle-area in hegtenis geneem is, het op 4 Maart in die Mbumbulu-landdroshof verskyn.

Nuusflits het by die NVG navraag gedoen.

Fotokrediet: Mandla Chris het die foto in kommentaar Women For Change geplaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief