Besending onwettige springstof van R2 m. onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Besending onwettige springstof ter waarde van R2 m. is Dinsdag in ‘n voertuig in die Makhado-polisiëringsarea (Louis Trichardt) in die besit van twee buitelanders onderskep.

Kol. Malesela Ledwaba sê die groot deurbraak is te danke aan Vhembe-blitspatrolliebeamptes wat die voertuig op die N1 in ‘n suidelike rigting, buite Makhado onderweg na Polokwane (Pietersburg), opgemerk en takties gestop het. Vier sakke met Super Power 90 Gel Tubes is in die kattebak ontdek.

‘n Arrestasie is op die bestuurder en sy passasier uitgevoer en die springstofeenheid is ontbied, wat bevestig het dit is kommersiële springstof. Die voertuig is ook gekonfiskeer as deel van die ondersoek om die oorsprong en bestemming van die springstof vas te stel.

Die verdagtes verskyn vandag op aanklagte van die besit van owettige springstof in die Makhado-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief