Beskuldigde 15 jaar tronk toe vir verskeie misdade

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Sam Tsotsetsi (30) is deur die Vereeniging-streekhof vir inbraak, huisroof, die besit van ‘n gevaarlike wapen en die besit van inbraak-implemente tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Konst. Tlaleng Moloi sê die polisie is op 22 Februarie 2022 na ‘n toneel van ‘n huisroof te Wosterparkstraat, Riversdale-hoewes in die Meyerton-area.

Die polisie het vinnig die beskuldigde met gesteelde items in sy besit in hegtenis geneem en die verdagte is aangekla. Die saak is deur sers. Morongwenyane Innocencia Mofokeng ondersoek wat tot die suksesvolle vonnisoplegging gelei het.

Kol. Senzangakhona Christopher Mohale het sers. Mofokeng vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief