Beskuldigde borg geweier wat glo GPF-lid doodskiet en nog een wond

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Jaén-Lee Pyne (30) van Heidelberg is deur die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord met voorbedagte rade op Etienne du Preez en poging tot moord op Flip Minnaar borg geweier.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Du Preez en Minnaar, beide by die plaaslike GPF betrokke, het op 3 Julie ‘n restaurant verlaat. Pyne het hulle glo op ‘n motorfiets genader en op hulle geskiet. Beide is in die kop geskiet en is na ‘n hospitaal vervoer waar Du Preez beswyk het. Pyne het homself agt dae later aan die polisie oorhandig.

Pyne het deur regsverteenwoordiging aansoek gedoen vir borg, omdat hy sy gesin moet onderhou en sy besigheid moet bedryf.

Kuthelani Peter Mndanganeni, die staatsaaklaer in die saak, het voorgehou dit is normale omstandighede en het die borg teengestaan. Mndanganeni het die hof herinner Pyne het ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen hom uitstaande en voorts gesê die erns van die saak moet in ag geneem word, aangesien Pyne sy verhoor sal ontduik indien hy borg kry.

Landdros Gerhard Strydom het saamgestem en die aansoek om borg geweier.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 5 September uitgestel terwyl Pyne in aanhouding sal bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief