Beskuldigde in R1.4 mjd. Eskom-korrupsiesaak kry borg van R2 m.

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Michael Lomas is deur die Johannesburg-hooggeregshof met streng voorwaardes op borg vrygelaat. Lomas staan tereg op 65 aanklagte van Eskom-korrupsie.

Henry Mamothame, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie (IDAC) van die NVG, sê die hof het beveel Lomas moet sy VK-paspoort en sy SA-identiteitsdokument aan die ondersoekbeampte in die saak oorhandig. Lomas mag voorts nie vir reisdokumente aansoek doen nie en moet in ‘n versorgingshuis woon waar hy die nodige hulp sal ontvang. Die versorgingshuis se naam moet aan die ondersoekbeampte verskaf word en sy ligging met behulp van ‘n slimfoon gemonitor word. Lomas mag ook nie Gauteng sonder die ondersoekbeampte se wete verlaat nie.

Lomas is gedurende September 2024 van die VK op 65 aanklagte van Eskom-korrupsie aan Suid-Afrika uitgelewer. Hy en 11 ander beskuldigdes, wat voormalige uitvoerende beamptes van Eskom en direkteure van Tibular Construction Project insluit, staan op die aanklagte tereg. Die batebeslagleggingseenheid (AFU) is ‘n beperkingsbevel van ongeveer R1.4 mjd. teen die beskuldigdes se bates toegestaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief