Beskuldigde kry borg in sake van strafbare manslag

Lees ook :

Foto's: Gauteng-onderwysdepartement

GAUTENG. – Gert Laurence van Emmens (55) is deur die Fochville-landdroshof op aanklagte van strafbare manslag op borg van R20 000 vrygelaat.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Van Emmens staan tereg op 12 aanklagte van strafbare manslag en ‘n aanklag van roekelose en/ of nalatige bestuur, alternatiewelik onbedagsame bestuur. Die borg van die skedule 1-oortreding behels Van Emmens moet sy paspoort aan die ondersoekbeampte van die saak oorhandig en hy mag nie direk of indirek met die getuies inmeng nie.

Mahanjana sê op 10 Julie het Van Emmens ‘n Ford Ranger-bakkie op die JB Marxpad in Fochville bestuur toe hy met ‘n minibustaxi wat skoolleerders vervoer, gebots het. Die ongeluk het die dood van 11 kinders en die bestuurder van die minibus veroorsaak.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 15 Oktober uitgestel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat 12 leerders en die bestuurder van hulle privaat skoolvervoer Woensdagoggend omstreeks 07:00 in die Wedela-area in ‘n ongeluk betrokke was en gesterf het. Die ongeluk het op die Blyvoorpad, naby die N12-hoofweg in die Wedela-area, gebeur.

Misdaadtoneelbestuur, wat ‘n botsingseenheid insluit, is na die toneel ontbied.

Brig. Brenda Muridili sê die minibus waarin die leerders gery het, was met ‘n Ford Ranger-bakkie in ‘n ongeluk betrokke. Die kinders was onderskeidelik onderweg na Laerskool Rocklands en Laerskool Blyvooruitsig in Carletonville.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in die provinsie, sê agt leerders is na Carletonville-hospitaal gehaas. Sewe van die leerders is Woensdag ontslaan, terwyl een na die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal oorgeplaas is.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê nog sewe leerders is vir dringende mediese behandeling na ‘n mediese fasiliteit gehaas. Die tragiese en noodlottige ongeluk het in die Kokosi-Wedela-area in Merofong gebeur. Die minibus waarin die leerders vervoer is, is van agter deur ‘n bakkie getref, wat veroorsaak het dat dit gerol het. Mabona sê die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief