Beskuldigde op parool weer vas, nadat hy glo minderjarige verkrag en ontvoer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. -‘n Beskuldigde wat op parool was, is vir die beweerde verkragting en ontvoering van ‘n minderjarige meisie (9) in Hanover Park in hegtenis geneem en het vandag (Vrydag) in die hof verskyn.

Singabakho Nxumalo, die woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste (DKD), het die inhegtenisneming met ‘n verklaring bevestig. Die beskuldigde, wat onder die toesig van Kaapstad se korrektiewekantoor vir die gemeenskap is, is op 13 Maart 2008 vir verkragting en onsedelike aanranding tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het die minimum vereiste deel van sy tronkstraf in die Voorberg-korrektiewe sentrum uitgedien, waarna hy op 26 November 2024 op parool vrygelaat is. Sy paroolperiode het tot 22 Mei 2044 geduur.

Na sy hofverskyning gaan die DKD sy parool terugtrek. Die proses sal na verwagting binne 14 dae, in lyn met interne prosedure, afgehandel wees.

“Hierdie ontwikkelings is uiters kommerwekkend. Die departement het ’n interne ondersoek van stapel gestuur om die doeltreffendheid van die moniteringsmaatreëls wat tydens sy parooltydperk toegepas is, te hersien en te evalueer,” sê Nxumalo.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief