Beskuldigde van suur-aanval in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Yvyone Maja (25) het op 1 Julie vir die eerste keer in die Mokopane-streekhof voorgekom nadat ’n vrou (27) in Oktober 2024 ná ‘n romantiese dispuut met suur aangeval is. Die saak is vir verdere hofprosedures uitgestel en sal weer op 21 Julie hervat word.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. Die aanval het by die huis van die slagoffer se kêrel in Mogoto plaasgevind en is eers in Januarie 2025 by die polisie aangemeld. Die verdagte is op 14 Februarie 2025 in hegtenis geneem en het die volgende dag in Zebediela se tydelike landdroshof verskyn. Sy is op borgtog van R3 000 vrygelaat en die saak is daarna vir verdere verrigtinge na die Mokopane-streekhof oorgeplaas.

Die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief