MPUMALANGA. – Zwelithini Mtsweni het hom Donderdag aan die Belfast-polisie oorhandig nadat ‘n plaaswag in ‘n kamer by sy werksplek vermoor is.
Kol. Donald Mdhluli sê die oorledene, wat gereeld deur sy pa besoek is, is Dinsdag 2 Julie deur sy pa in ‘n plas bloed aangetref. Die oorledene is op die toneel dood verklaar. Mtsweni het hom twee dae later aan die polisie oorgegee.
Hy het Vrydag op aanklag van moord in die hof verskyn. Die saak is tot 12 Julie uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.





