Lees ook: AKA-moordsaak tot Mei uitgestel
ESWATINI. – Die twee broers wat in Eswatini in hegtenis geneem is vir die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane verskyn vandag weer in die hof.
Siyabonga en Malusi Ndmandi is in Februarie in hegtenis geneem vir twee ander moorde wat verlede jaar in Durban gepleeg is.
Hulle broer is in Durban in hegtenis geneem, ook vir die moord op AKA en Tibz.
Suid-Afrika het die uitleweringsaansoek vir die broers aan Eswatini gestuur. Die verdediging besluit vandag of hulle die broers se uitlewering gaan teenstaan.
Bronne: eNCA, SABC, EWN
Lees ook: AKA-moordsaak tot Mei uitgestel





