VRYSTAAT. – ‘n Buitelandse paar, 23 en 34 jaar oud, is Saterdag omstreeks 21:30 met onwettige sigarette in Sasolburg vasgetrek.
Sers. Josephine Rani sê lede van die hoofwegpatrollie het ‘n wit Nissan NP200-bakkie met twee insitendes op die R82 voorgekeer.
Tydens deursoeking van die voertuig is 3 500 pakkies onwettige sigarette ter waarde van R42 000 gevind en gekonfiskeer. Die bestuurder van die voertuig kon ook nie wettige dokumente om in die land te wees, toon nie.
Die verdagtes het Maandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.





