Beskuldigdes op 350 aanklagte verhoor

Lees ook :

Foto: Google Maps

NOORD-KAAP. – George Barnett Peters en ander beskuldigdes wat op 350 aanklagte van bendeverwante misdade teregstaan, het Dinsdag in die Kimberley-hooggeregshof voorgekom. Die verhoor sal vanaf 17 tot 28 Maart 2024 duur.

Die aanklagte teen die verdagtes sluit geldwassery, rampokkery, moord, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, versekeringsbedrog, ontvoering, verkragting, aanranding, sameswering om moord te pleeg en oortreding van die bendewet 1921-verwante oortredings in.

Lt.kol. Tebogo Thebe, woordvoerder vir die Valke, sê Peters, Chane Adams (28), Shawnwin Smith (25), Henry Blom (28), Estee Sade Lawan (25), Bincent Rosen (37), Michael Peters (30), Semone Rose (30), Thabo Sekopano (36), Stephanie McAnda (22), Britney Arends (21), Janine Plaatjie (22), Abigail Van Wyk (24) is op 4 en 6 Mei 2023 in Kimberley en Kuruman gearresteer. Deon May, Clive Peters, Nico Hofuza, Pameston Mentoor en Tshepo Malimbi is op ander datums en plekke gearresteer.

Die beskuldigdes, ‘n bekende bende, staan na bewering op verskeie aanklagte van bystand tot kriminele bendebedrywighede gedurende Augustus 2020 en Maart 2023 tereg. Tydens arrestasie is een van die beskuldigdes glo in besit van Mandrax-tablette en ‘n onbekende bedrag geld betrap. Dit is vir verdere ondersoek gekonfiskeer. Shawnwin Smith het dus ‘n alternatiewe aanklag van dwelmhandel teen hom.

Aansoek vir borg is suksesvol teengestaan, alhoewel Chanaaz Mentor en Henty Blom in Oktober 2023 borg toegestaan is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief