‘Besope’ drywer keer vragmotor oor sinkhuis om – een sterf

Lees ook :

Zimbabwiese burger in hegtenis na vragmotorongeluk. Foto: RUSA

EMONA, KZN. – ’n Zimbabwiese burger is Dinsdagaand deur lede van Reaction Unit South Africa in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n vragmotor vol bousand op ’n huisie in ‘n informele nedersettings omgegooi en glo een persoon se dood veroorsaak het. ’n Tweede inwoner is ernstig beseer.

Die verdagte (52) was na bewering onder die invloed van alkohol terwyl hy bousand vanaf Emona na Tongaat vervoer het.

Volgens berigte het die omgekeerde vragmotor deur die huis geval en op die oorledene te lande gekom.

’n Passasier wat ’n rygeleentheid saam met die verdagte gekry het, is ongedeerd. Leë drankbottels is uit die omgekeerde vragmotor gehaal.

Lede van die gemeenskap en paramedici van IPSS Medical Rescue het die sand verwyder en die slagoffer se liggaam uitgegrawe. Sy kop was egter onder die voertuig vasgekeer.

Woedende omstanders het gedreig om die verdagte aan te rand. Hy is aan die SAPD oorhandig.

Bronne: Reaction Unit South Africa, IPSS Medical Rescue

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief