KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n vragmotor, vermoedelik in sy 30’s, is vanoggend omstreeks 07:15 dood in ‘n ongeluk in Imola Place in Westmead.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die vragmotor met sy vol sleepwa het probeer draai, waarna die houer onverklaarbaar gerol en bo-op die kajuit te lande gekom het. Die bestuurder was vasgekeer en het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.
Jamieson sê ‘n Netcare 911-reddingseenheid het saam met brandweerdienste reddingskake gebruik om die oorledene uit die wrak te bevry.
Die polisie ondersoek volgens Jamieson die ongeluk.





