Bestuurder en pasiënt sterf in ambulansongeluk

Lees ook :

Bestuurder en pasiënt sterf in ambulansongeluk Foto ter illustrasie: Canva

POSTMASBURG, NOORD-KAAP. – ’n Ambulansbestuurder (34) en ’n pasiënt (38) is Dinsdagoggend op die R385 tussen Postmasburg en Groenwater in ‘n ongeluk dood.

Die privaat ambulans was vanaf Kathu na Kimberley onderweg. ’n Navigator was saam met die vroulike bestuurder en manlike pasiënt in die ambulans ten tyde van die ongeluk.

Volgens sers. Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, is die bestuurder en die pasiënt op die toneel naby Groenwater dood verklaar.  

Hy sê die bestuurder het na bewering beheer oor die ambulans verloor, maar die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief