Bestuurder van safarilodge veg vir lewe na skote

Lees ook :

Foto: Emily Leuner Facebook-blad

LIMPOPO. – Emily Leuner, ‘n bestuurder van Tintswalo Safari Lodge in die Manyeleti-wildreservaat buite Hoedspruit in Limpopo, veg na ‘n skietvoorval vir haar lewe.

Leuner is in 2017 saam met Alistair, haar man, as bestuurderspaar by Tintswalo Safari Lodge aangestel nadat hulle by Sabi Sabi gewerk het.

Leuner is glo verskeie kere deur ‘n werknemer wat weens ‘n dissiplinêre verhoor ontslaan is, geskiet. Die werknemer het Leuner geskiet en daarna homself.

Leuner is eers na Tintswalo-hospitaal in Acornhoek geneem, waarna sy na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is.

Die voorval is deur die Collection Group bevestig.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Bronne: Jill Watson on Born To Be Free, Alberton Record, Citizen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief