MAFEFE VILLAGE. – ’n Bestuurder van skoolvervoer (35) is gister (Donderdag) in Mafefe Village in hegtenis geneem na hy glo ’n meisie (5) verkrag het.
Lees ook: Oekraïne hoop SA sal help om ‘ontvoerde’ kinders terug te kry
Die verdagte het glo tussen Januarie en Maart 2025 die meisie en nog kinders opgelaai. Hy het glo die ander kinders soos gewoonlik by hulle huise afgelaai en toe na bewering die meisie in die voertuig verkrag.
Hy het haar gedreig om niks te sê nie, maar sy het Paasnaweek vir haar ouma van die voorval vertel. ’n Saak van verkragting is oopgemaak en hy is in hegtenis geneem.
Die verdagte sal binnekort voor die Thabamoopo landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Oekraïne hoop SA sal help om ‘ontvoerde’ kinders terug te kry





