OEKRAÏNE. – Die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, het gister (Donderdag), tydens sy besoek aan Suid-Afrika ’n lys name van 400 Oekraïense kinders wat glo deur Rusland ontvoer is, aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.
Lees ook: Zelenski moet deel van SA-besoek kanselleer na Russiese aanval op Oekraïne
Zelenski het tydens ’n mediakonferensie gesê: “Rusland het duisende kinders ontvoer. Ons moet hulle almal terugbring. Ek hoop regtig dat president Ramaphosa ons sal help om hulle terug te bring”.
President Zelenski het gister in Suid-Afrika geland in ’n poging om bande met Suid-Afrika te versterk, maar moes sy besoek kortknip na ’n Russiese aanval op Kijif.
Ramaphosa het tydens die mediakonferensie weer bevestig dat Suid-Afrika toegewy is aan vrede en dat hy vroeër die week vredepogings met Wladimir Poetin en Donald Trump bespreek het.
Bronne: eNCA, The Kyiv Independent, SABC
Lees ook: Zelenski moet deel van SA-besoek kanselleer na Russiese aanval op Oekraïne





