GAUTENG. – Die departement van gesondheid in die provinsie (GDoH) het met die verbetering en die modernisering van diagnostiese beeldingdienste begin. Dit sluit MRI-skandeerders by verskeie van sy openbare hospitale in.
Dit kom nadat die aanvraag na MRI-skanderings (Magnetiese Resonansie-beelding), asook die druk op bestaande gesentraliseerde dienste weens toerusting- en personeeltekorte toegeneem het.
Motalatale Modiba, woordvoerder vir die departement, sê Sondag in ‘n verklaring nuwe masjiene is reeds vroeg in 2025 by Steve Biko, Dr. George Mukhari en Charlotte Maxeke akademiese hospitale in werking gestel.
Nomantu Nkomo-Ralehoko, die LUR vir gesondheid in dié provinsie, sê: “Ons het stappe geneem om dienslewering te verbeter.”
Waar hospitale nog nie MRI-masjiene het nie, is ’n verwysingsmodel ingestel en word daagliks gemonitor.
Die departement het sy verbintenis tot beter en billike toegang tot diagnostiese dienste in die provinsie beklemtoon.
Lees die volledige verklaring hier onder:


Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





