Betogers en brandende bande by laerskool in Pretoria

Lees ook :

Foto: Laerskool Danie Malan

GAUTENG. – Raadslid Quentin Meyer het ‘n waarskuwing oor betogers en brandende bande by Laerskool Danie Malan, in Pretoria-Noord, op sosiale media gedeel. Ouers is deur die skool gevra om nie leerlinge skool toe te neem nie.

Volgens die plasing is veiligheidsmaatskappye reeds teenwoordig en die polisie is ook ontbied.

In ander plasings het ouers gesê die skool het ‘n boodskap uitgestuur om te sê die hekke is gesluit en het gevra ouers moet tot verdere kennisgewing nie na die skoolterrein gaan nie, aangesien die situasie onveilig is en die veiligheid van die leerlinge en personeel ernstig opgeneem word.

Bronne: Raadslid Quentin Meyer en Pretoria FM

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief