Lees ook: Hierdie handelsmerke grondboontjiebotter is herroep
FLORENCE, ITALIЁ. – Klimaatsbetogers het gister die Birth of Venus deur Botticelli in Florence, Italië geteiken.
Twee betogers van die Last Generation-groep het foto’s van vloede en oorstromings op die beskermende glas op die skildery in die Uffizi-galery geplak.
Hulle het ook ‘n plakkaat gemaak waarop $21.43 biljoen geëis word om die skade wat deur klimaatsverandering veroorsaak is reg te stel.
Een van die betogers het gesê: “Die regering maak of velde nie in Januarie afgebrand het nie en dat water nie ‘n probleem gaan wees in die somer nie. Hulle maak of huise deur vloede vernietig ongelukke is en nie iets wat deur menslike keuses veroorsaak is nie”.
Hy het voorts gesê hulle maak eerder wette om klimaatsaktiviste te straf met verwysing na Italië se wette om aktiviste te beboet as hulle monumente ontsier.
Bronne: DW – South Africa, Mail Online, The Straits Times





