Hierdie handelsmerke grondboontjiebotter is herroep

Lees ook :

Hierdie handelsmerke grondboontjiebotter is herroep
Hierdie handelsmerke grondboontjiebotter is herroep fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder

Oor die afgelope twee weke is verskeie handelsmerke grondboontjiebotter herroep oor onaanvaarbare hoeveelhede van ‘n gifstof wat deur ‘n fungus veroorsaak word in die grondboontjiebotter gevind is.

Die handelsmerke wat herroep is, kom van die House of Natural Butters af.  Dit sluit die grondboontjiebotter van Pick n Pay se No Name, Eden All Natural en Dischem se Lifestyle in. Die Wazoogles Superfoods-grondboontjiebotter is ook herroep.

Gebruikers word aangemoedig om die grondboontjiebotter, met of sonder ‘n strokie, terug te neem winkels toe en om nie daarvan te eet nie. Die nasionale verbuikerskommissie ondersoek of nog handelsmerke van die rakke verwyder moet word.

Daar is hoër as aanvaarbare vlakke van die gifstof aflatoksien in die grondboontjiebotter gevind. Aflatoksien word geassosieer met ‘n groter risiko vir lewerkanker.

Bronne: IOL, The Citizen, All Africa

Lees ook: Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief