Ses gyselaars se liggame in Gaza gevind, hulpkonvooi aangeval

Lees ook :

Ses gyselaars se liggame in Gaza gevind, hulpkonvooi aangeval
Ses gyselaars se liggame in Gaza gevind, hulpkonvooi aangeval fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel en Hamas stem ooreen tot skietstilstand vir polio-inentings

GAZA. – Die Israeliese weermag het die liggame van ses gyselaars in ’n tonnel in Rafah gevind. Hulle was deel van die 251 gyselaars wat op 7 Oktober deur Hamas ontvoer is.

100 gyselaars is steeds gevange, maar die  Israeliese weermag het gesê dosyne van hulle is reeds dood.

Israel het gister aanvalle geloods op die Wes-Bank ten spyte van ‘n humanitêre skietstilstand wat vandag begin om 640 000 kinders teen polio in te ent. 48 mense is in die aanvalle dood.

Vier persone wat deel was van ‘n hulpkonvooi wat op pad was na ‘n hospitaal om mediese voorraad en brandstofvoorraad af te laai, is Donderdag deur die Israeliese weermag gedood. Die weermag het beweer die mans was gewapen, maar die groep aan wie die mans behoort het, het gesê hulle is sonder waarskuwing met vuurpyle aangeval.

Bronne: Jacaranda FM, SABC, LA Times

Lees ook: Israel en Hamas stem ooreen tot skietstilstand vir polio-inentings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief