Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

Lees ook :

Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger
Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger fotokrediet: Canva

Lees ook: Leier van Kenia-kultus in hof na meer as 400 van honger sterf

KENIA. – ’n Getuie wat lid van die Keniaanse kultus, The Good News International Church was, het getuig die leier, Paul Mackenzie, het sy volgelinge beveel om hulself uit te honger, maar het sy eie kinders laat eet.

Paul Mackenzie het sy volgelinge beveel om eers hulle kinders uit te honger en dan volwassenes. ’n Getuie (17) het gesê Mackenzie het Januarie 2023 sy volgelinge beveel om te vas. Sy het gesê sy het ses kinders van een gesin sien doodgaan, maar sy kinders kon eet.

Die getuie, slegs bekend as JCK, het gesê Mackenzie het hulle beveel om te vas sonder onderbreking, sonder water en sonder om te stort, tot hulle doodgaan.

Mackenzie het vir sy volgelinge gesê hulle sal vinniger hemel toe gaan en Jesus ontmoet as hulle van die honger sterf.

McKenzie en nog 94 lede van sy kultus word aangekla van manslag na meer as 400 mense, insluitend kinders, gesterf het.

Hy word ook van moord en die mishandeling van kinders in twee ander howe aangekla. McKenzie het onskuldig gepleit.

Die verhoor gaan voort.

Bronne: The Telegraph, Yahoo, ABC News

Lees ook: Leier van Kenia-kultus in hof na meer as 400 van honger sterf

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief