ISRAEL. – Sowat 300 000 mense het die naweek in Israel betoog vir ’n einde aan die oorlog en ’n ooreenkoms om die gyselaars wat deur Hamas aangehou word, te bevry.
Lees ook: Netanyahu wil alle gyselaars op een slag bevry hê
Die grootste skare was Sondag in Tel Aviv se Hostages Square saamgetrek. Organiseerders van die betoging het gesê die regering se plan om Gasastad oor te neem, hou ’n risiko in vir die sowat 20 gyselaars wat steeds lewend deur Hamas aangehou word.
Sowat 40 mense is die naweek in hegtenis geneem omdat hulle die “vrede versteur het” in Israel met ’n nasionale een-dag-staking. Dit het deel gevorm van die groter betogings, wat daartoe gelei het dat paaie, kantore en universiteite gesluit is.
Benjamin Netanyahu, die eerste minister, het die betogings gekritiseer en gesê dit gaan “Hamas se posisie verstewig” en sal net die vrylating van gyselaars vertraag.
Bronne: BBC, CNN, The Times of Israel





