Beurtkrag ’n klug om Eskom te privatiseer, sê Numsa

Lees ook :

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder by Numsa. Foto: SAUK

Die metaalwerkersunie (Numsa) sê die idee van beurtkrag is geskep om die privatisering van die nasionale kragvoorsiener te regverdig.

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder by Numsa het in ’n video-onderhoud met eCNA gesê siklone is nie die rede vir beurtkrag wat onlangs regoor Suid-Afrika ingestel is nie. “Beurtkrag is ’n leun. Beurtkrag het in 2008 begin, en dít het niks met siklone te doen nie. Die direkteurs van Eskom het in 2008, as gevolg van hoë diesel pryse, gebaat deur korrupsie. Niks was daaraan gedoen nie, en dit was toegelaat om voor te duur,” sê Hlubi-Majola.

“Die rede hoekom ons nou beurtkrag ondervind, is omdat dit die ANC-regering se bedoeling is om die kragvoorsiener te privatiseer. Indien beurtkrag voortduur geregtig dit ’n rede hoekom die kragvoorsiener geprivatiseer moet word. Daardeur was die regering hulle hande van die wanbestuur, korrupsie en werksverlies by Eskom waarvoor hulle verantwoordelik is,” verduidelik Hlubi-Majola.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief