Die polisie op Groblershoop benodig die hulp van die publiek om vier gewapende verdagtes vas te trek.
Die vier het glo ongeveer 22:30 op Maandag 11 Maart 2019 ’n winkel op Groblershoop beroof.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap sê: “Die verdagtes het na bewering die winkeleienaar gedreig en hulle het met ’n onbekende som geld in ’n wit Toyota Corolla weggekom.”
Die polisie vrae enigiemand met inligting wat kan help om die verdagtes vas te trek moet luit.-kol. Doggie Magugu op 082 469 0578 bel. Alle inligting sal vertroulik gehou word.